Sommige mense weet
as volwassenes nog steeds nie wat hulle nou eintlik in die lewe wil doen nie.
Leon was een van daardie gelukkige mense wat nog voor hy tien jaar oud was, geweet
het dat hy eendag vir 'n tyd lank sou wou skoolhou (maar nie vir sy hele lewe)
en ook dat hy sou boeke skryf. Watter soort boeke, het hy nie geweet nie. Ook
nie hoe lank dit sou neem voordat hy eendag by die droom sou uitkom nie. Tydens
sy universiteitsjare by Tukkies, was daar nog nie studierigting soos kreatiewe
skryf nie en was sy hoofvakke Staatsleer en Internasionale Politiek. Die het hy
egter nooit gebruik nie, want hy het direk na sy studies begin skoolhou as Geskiedenisonderwyser.
Einde 1993 het hy die onderwys verlaat om ernstig te begin skryf. In 2000 het
hy weer vir 'n jaar skoolgehou, maar sedertdien spandeer hy soveel moontlik tyd
aan skryf. Skryf
is vir Leon heel eerstens om op reis te gaan deur se eie onontdekte binnewêreld.
Hy weet nooit vooraf presies waarheen die reis hom gaan neem, of hoe hy by 'n
sekere eindbestemming gaan uitkom nie. Soms is die reis 'n dolle jaagtog op 'n
bruisende rivier en soms harde mynwerk met pik en graaf. Maar hoe ook al, elke
reis verryk hom as mens op een of ander manier. Indien dit ook vir die lesers
iets beteken, is dit vir hom 'n baie groot bonus. Omdat hy die 'veelkleurige'
boeke van ander skrywers so geniet, probeer hy altyd sorg dat daar 'n mengsel
van kop en hart in sy boeke is. Of hy altyd daarin slaag? Dit is iets wat die
lesers beter sal weet as hy. Leon
beskou dit as 'n groot voorreg om vir kinders en jongmense te kan skryf. Kinders
is baie eerlik daaroor of hulle van 'n boek hou of nie. Hulle skryf nie geleerde
resensies in koerante nie, maar sit net 'n boek verveeld eenkant, of lees dit
weer en weer en weer. Dit is hierin wat die grootste beloning lê vir enige
een betrokke in die kinder- en jeugboekwêreld, reken Leon. Hier is die grootste
betaling nie groot geldpryse of akademiese lofsange nie, maar blink oë wat
spreek van onverbloemde genot in 'n storie (ongeag wie die skrywer is). Leon
woon deesdae in die Vrystaatkant van die Vredefortkoepel op 'n piepklein 'plasie'
wat uitkyk op die heuwels en valleie rondom die Vaalrivier. Agt van sy nege Suid-Afrikaanse
De Villiers-voorvaders was boere. Anders as hulle, boer hy egter met woorde en
idees. Die beginsel van ploeg, plant en oes, bly egter maar steeds dieselfde,
reken hy. Dit en die wag op die reën. Publikasies
-
Aliens en Engele - 1996 - Tafelberg.
-
Die pro - 1997 - Tafelberg. (Sanlamprys beginnerwenner, MER-prys, Scheepersprys
van die Akademie)
-
Groete van die hiëna - 2000 -Tafelberg
- Elsie
soek 'n strooihoed - 2001 - Lapa (ATKV Kinderboektoekenning vir storie en
illustrasies)
- Ook
vertaal as: Umnqwazi kaNomaza owenziwe ngengca -2001-
- Lapa
Modiyanyewe wa Botlenyana - 2001 - Lapa
- Isigqoko
selanga sika Thembi -
2001 - Lapa
- Wat
doen jy Daniël? - 2002 - Lapa
- Die
klein seuntjie en die drake - 2003
- Lapa
- Parmant
- 2003 - Lapa
- Ook
vertaal as Cheeky - 2003 - Lapa
- Droomoog
Diepgrawer - 2003 - Lapa (Alba Bouwerprys van die Akademie)
- Erik
en die Kido-dinges -2003 - Lapa
- My
sussie se tande
- 2004 - Lapa
- Ek
en my monster. 'n Handleiding vir beginners
- 2004 - Lapa
|