Haasbekkies

Stories vir beginnerlesers

In die speelgoedkas

“Daar gaan die lig af!” sê Ruimtemannetjie, “Kom Geraamte, kry jou bene bymekaar. Jy het mos ‘n groot mond. Kom wys vir ons hoe jy daardie groot dinosaurusse en drake gaan veg.”

Lolla en Tobias

Lolla sit op die rak van ‘n groot speelgoedwinkel. Sy het ‘n pragtige blou lint in haar geel krulhare wat by haar mooi blou rokkie pas.