Elizabeth Wasserman is die skrywer van die Speurhond Willem boeke. Sy het so pas met ‘n opwindende nuwe reeks, Anna Atoom, begin waarin fantasie en wetenskap gekombineer word. Elaine Schiel het met haar gesels.
Tieners het destyds Solet Scheeres se Klub 17-reeks verslind, en Talia, die eerste boek in haar splinternuwe Glam-divas-reeks, het pas verskyn. Sy het vir Jaco Jacobs meer vertel oor die boeke wat sy as kind gelees het, haar lewe in Nederland en die ongewone sportsoort wat sy beoefen.
Marianna Brandt het vroeër in die jaar by Laerskool Mikro in Kuilsrivier kom kuier. Megan Groenewald en Lézel Roets van die 2010 Redaksie het ‘n paar vrae gevra.
Sebastien Quevauvilliers is die illustreerder van Madelief, moenie! Jaco Jacobs het met hom gesels oor sy belangstelling in kinderboekillustrasies en hoe hy self illustreer.
Chris Venter is die illustreerder van boeke soos Speurhond Willem op reis, Karla Krullebol en My boetie dink hy’s Batman. Jaco Jacobs het uitgevra oor sy werk en siening oor kinderboekillustrasies.
Maja Sereda is die illustreerder van boeke soos Liewe land, ‘n olifant!, Nuwe Kinderverseboek en Sprokies en ander gunsteling-stories. Jaco Jacobs het bietjie met haar gesels oor haar werk en haar idees oor kinderboekillustrasies.
Theresa van Baalen is die skrywer van Aspris-krokkedis en Karla Krullebol. Jaco Jacobs het by haar gaan uitvind waarom skryf is soos om ‘n olifant te eet en waar haar storie-idees vandaan kom.
Verbeel jou jy is by ‘n boekbekendstelling.Terwyl jy die boek in jou hand het, stel iemand die skrywer voor en hy begin te praat oor lewe in die onderwêreld . . .