Kuier by Chrisna van Rensburg
Redaktrise van die Kakkerlak
Redaktrise van die Kakkerlak
Deon Meyer is veral bekend vir sy spanningsverhale soos Feniks, Orion, Proteus en Infanta. Sy boeke is al in verskeie tale vertaal en het etlike pryse wêreldwyd ingepalm. Orion is ook as ‘n televisiereeks op kykNET en MNET in 2006 uitgesaai. In September 2007 gaan sy nuutste boek, Die lyfwag, met ‘n splinternuwe hoofkarakter verskyn. Deon is veral ook betrokke by projekte vir ontluikende skrywers en het met Elzebet Venter gesels tydens die ATKV-Herfskool in Potchefstroom.
Die debuutroman van Anzil Kulsen, vertel die storie van Zita. Anneretha Combrink het saam met Anzil gekuier en gesels oor die uithou en aanhou van skryf.
Formule Drie, Twee, Een! Franci Greyling en Vian Oelofsen se prenteboek het in September 2007 verskyn. Franci het by Vian gekuier en met hom oor die boek en sy werk gesels.
Leon de Villiers se nuwe jeugboek, Toko, het in April 2007 verskyn. Ihette Jacobs het met Leon gesels oor die boek en die unieke ruimte, karakters en plot.
Kobus Geldenhuys is die vertaler van Harry Potter en die Halfbloed Prins in Afrikaans. Leana Moolman het met hom gesels oor hoe hy ‘n vertaler geword het en watter interessante werk hy al gedoen het.
Riana Scheepers se eerste kinderboek het so pas verskyn. Anneretha Combrink het op De Compagnie gekuier en met Riana gesels oor Die avonture van Wilde Willemientjie en haar groot verskeidenheid ander skryfwerk.
Die avonture van Magrietjie Swaaiboude, Marianna Brandt se nuutste kinderboek, het so pas verskyn. Anneretha Combrink het saam met haar in Durbanville koffie gedrink en oor lees en skryf gesels.
Fanie Viljoen, saam met Francois Bloemhof, het vanjaar se Sanlamprys vir jeuglektuur gewen. Sy boek Breinbliksem is reeds besig om opslae te maak. Tydens Aardklop het Herman Eloff bietjie met Fanie gechat oor sy werk, sy passie vir skryf en wat hy vir die toekoms beplan.
Verna Vels is die skrywer en stem agter Liewe Heksie. Wat moet mens doen om ‘n stemkunstenaar te word? wou Steven Dowse by haar weet. Leila van Coller het ook ‘n paar vrae…
Storiewerf is ‘n webtuiste vir die bevordering van Afrikaanse kinder- en jeugboeke en jong skryftalent.