Kuier by Carina Diedericks-Hugo
Carina Diedericks-Hugo se Thomas@-reeks word beskryf as Trompie vir die nuwe millennium. Sy en Jaco Jacobs het gesels oor Thomas, Trompie en funky jongmense.
Carina Diedericks-Hugo se Thomas@-reeks word beskryf as Trompie vir die nuwe millennium. Sy en Jaco Jacobs het gesels oor Thomas, Trompie en funky jongmense.
Jaco Jacobs het by Elkarien Fourie gekuier. Hy wou meer weet oor haar debuutboek, Dans op die rand van die krans, waarom sy vir jongmense skryf en watter raad sy vir jong skrywers het.
Onderhoud met meneer Balkie Balkie deur Raasbek Mieliepit op Balkie se tiende verjaarsdag.
Barrie Hough se nuutste tienerroman, Breek, is ‘n spanpoging van hom en die aktrise en dramaturg Lizz Meiring. Jaco Jacobs het by hom uitgevind wat hy dink van hedendaagse jongmense en boeke vir jongmense.
Die aktrise Lizz Meiring het pas haar eerste jeugroman, Breek, wat sy saam met Barrie Hough geskryf het, gepubliseer. Jaco Jacobs het met haar gesels en uitgevind dat sy baie meer as net aktrise is en gevra wat sy van vandag se jongmense en “jeugromans”
Marita van der Vyver is die wenner van die Sanlamprys 2002. Jaco Jacobs het met haar gesels oor die “soms absurde” lewe in Frankryk, die moderne Afrikaanse jongmens, laslapgesinne en dinge waaroor nie in tienerboeke gepraat word nie.
Jaco Jacobs het met Janie Oosthuysen gesels oor wipneuse, Harry Potter, Kersvader, goed wat verdwyn as ‘n seuntjie onderdeur die reënboog stap … en uitgevind wat vertaling en kwantumfisika met mekaar uit te waai het.
Kristie Crouse het by Jackie Nagtegaal gekuier en met haar gesels oor Daar’s vis in die punch.
“Is jy en Charlie Koekemoer baie dieselfde?” wou sy by Jackie weet.
Willemien en Magde-Mari Greeff het met Jaco Jacobs gesels oor sy boek Troetelgedrog en gehoor dat hy ook ander interessante gedrogte in sy lewe het.
Hesma Nel hou van Hugh Grant,seekos, panfluitmusiek en stories. Martin Moolman het by die skrywer van die Arendskruinboeke gaan kuier.
Storiewerf is ‘n webtuiste vir die bevordering van Afrikaanse kinder- en jeugboeke en jong skryftalent.