Terwyl Tom en sy ouma ’n kunsgalery besoek, dwaal hy af en bevind homself in ’n syvertrek waar hy ’n baie spesiale uitstalling raakloop … Hierdie boek is ’n aangrypende inleiding tot kuns wat deur kinders sowel as volwassenes geniet sal word.
Magde-Mari Fourie
Oorlewingsgids vir ʼn prinses
In hierdie boek sal jy die bekendste prinsesse ontmoet en deur hul verhale en die advies van ’n betroubare towertante te lees, sal jy leer hoe om uit die pad van bose hekse te bly, hoe om getroue vriende en sjarmante prinse te ontmoet.
Doendinge vir elke dag van die jaar
Vir die kind wat altyd iets soek om te doen – maar nie weet wat nie! Die boek het soveel oulike idees – jou kop sal BARS! Kunsprojekte, inkleuraktiwiteite, wetenskapeksperimente, sport, speletjies en meer! Met 366 dinge om te doen (plus bonusaktiwiteite soos Kerskaartjies maak) sal kinders nooit weer die gevreesde woorde: “Ek is verveeeeeld!” […]
Halala Job Maseko!
Halala, unsung heroes! In this charmingly illustrated book, the celebrated storyteller Wendy Maartens compiled 21 stories of unsung South African heroes. Some stories are as alive as the windswept contours of Table Mountain. Others are so current that the joyous marvel of the events is still settling. Discover how Job Maseko sank an enemy warship. […]
Die probleem met probleme
Het jy al ooit ʼn Probleem ontmoet? Hulle kan nogal Knapse Kêrels wees. Maar moenie dat hulle jou broek laat bewe nie. Daar is soveel dinge wat jy kan doen om hulle die hasepad te laat kies!
Magriet die stadshoender
In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee het saam hope pret en gaan op hope avonture, soos om ʼn eierdief op te spoor. Ander boek: Magriet hou konsert BEKRONING: ATKV-Kinderboektoekenning
Sanri Steyn (9): Die geraamte se geheim
Daar is ’n nuwe seun in Sanri en Markus se klas; en hy het ’n buikspraakpop wat soos ’n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net ’n pop? En is Jamahl werklik só ’n goeie buikspreker? Superjoernalis Sanri Steyn stel ondersoek in …
Z-A-K: Die reis na Zenkion
Sluit by Mitch, Lionel en Imke aan vir ’n aksiebelaaide avontuur oor aliens, astrotuie en ’n soeke na antwoorde. Z-A-K: Die reis na Zenkion is die opvolg van die eerste boek in die Z-A-K-reeks, Z-A-K: Die Blou Planeet.
Wetenskaap
Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse feite oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.
Sokkerdrome: Afskop
“Jason is so ʼn goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy ʼn sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het.”