“Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike somer-skoolvakansie?” Tobi, Rowan en Dean besef matriek gaan rof wees. Die onderwysers deel alreeds huiswerk uit en dis nou eers die einde van graad elf. Daarom moet hulle hierdie laaste Desember-vakansie legendaries maak. Hulle sit af na Vleesbaai – ja, daar is rêrig so ’n plek […]
Franci Greyling
Bravo! Charlie
Wat het geword van elke man vir homself? Charlie Flets is 17, taai en ʼn 800m atleet op pad na SA’s. Behalwe vir sy skaaphond buddy, Bravo, en vriend, Jordan Jafta, probeer Charlie sy bes om solo te vlieg. Probeer … Dis makliker gesê as gedaan, veral as jou buddies moeilikheid kry. Terwyl hy bloed […]
Donkerster
Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie. Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Wouter, toekomstige hoofseun en sterkrieketspeler; Stef, die sjarmante […]
Noodlot (resensie)
Noodlot is die derde boek in Sunel Combrinck se faereeks, Die Ontwaking van Winter, gemik op ’n tiener- en jongvolwasse-gehoor. Wat dadelik die aandag trek, is die pragtige, geïllustreerde omslag deur Casper Schutte. Op die voorblad staan twee figure rug-aan-rug: ’n jongman aan die linkerkant en ’n meisie aan die regterkant. Die man het helder-oranje […]
Noodlot
Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby nie. In ’n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue te hou, roep Zander ’n Forya en’ tarna, ’n Elwe-grootwordritueel. Die vriendegroep word geskei en dis die begin van ’n nuwe avontuur en soeke na antwoorde deur die hele Tír […]
Zoem! Avontuur op ‘n eiland
Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture! Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en die hond, Tjomper, se tydreise. Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het ’n spesiale knoppie wat jou na ’n ander plek laat […]
Zoem! ‘n Oerwoud vol dinosourusse
Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture! Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en die hond, Tjomper, se tydreise. Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het ’n spesiale knoppie wat jou na ’n ander plek laat […]
Sankind lees die wind
Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale. Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die […]
Kattemaai: Annabel gaan skool toe
Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ‘n regte dogtertjie te gedra? Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor? Die toorpolisie keer die maats vas, […]
Kattemaai: Die bure se nuwe dogter
Die bure het ‘n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam Annabel … Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy […]