Vuur

Die elemente van ’n vuur is suurstof, hitte, brandstof, en ’n chemiese reaksie. Wat is die elemente van die apokalips? Wolk, Roet, Vuur, en ’n chemiese reaksie? Die noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei. Rufus is op ’n skip iewers op die Indiese Oseaan terwyl Xandr veg om oorlewing in ’n wêreld wat […]

Krag

Aldan Valentyn is niemand nie. Hy plaas ʼn foto van homself sonder sy hemp, op Instagram. En word die bespotting van die skool. Maar dit sal binnekort verander. In die gym. Met gewigte. En die KRAG in die naalde.

Veergewig

Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie. Sy is ook nie vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. […]

Reg in die middel van nêrens

Vir die eerste keer vandat Vandre en sy ma Engeland toe geëmigreer het, gaan hy en sy pa sy ouma-hulle besoek, maar ’n lelike motorongeluk reg in die middel van die Boesmanland ontspoor hulle planne. Vandre, op soek na hulp vir sy beseerde pa, verdwaal heeltemal in ’n onbekende stukkie van die wêreld. Dit word […]

LAPA-jeugromankompetisie 2023

Het jy ‘n goeie idee vir ‘n jeugroman? Daar is nog ses maande tyd om jou roman vir LAPA se jeugromankompetisie te skryf. Die sluitingsdatum is 31 Oktober 2023. LAPA se jeugromankompetisie lewer elke twee jaar ʾn groot verskeidenheid fantastiese verhale op. Vorige pryswenners sluit in: Annelie Ferreira (Dit het alles begin by ʾn hond), […]

Professor Trommeldikkus waai weg

Professor Trommeldikkus gee ’n lang gaap en maak sy oë oop. Dit is al wragtig weer Maandag. Die dae vlieg regtig verby. Dit voel regtig asof dit net gister Vrydag was. Gelukkig is dit nog vakansie, so hy hoef nie klas te gee nie. Hy sug en spring van die boomtak af waarop hy gelê het.

Die vloek van Grootdoring

“Die vloek kan my nie kry nie… die vloek gáán jou nie kry nie!”
My oë lyk leeg. Miskien is my spieël net vuil. Ek is vandag 17. Dis al drie jaar sedert ek die laaste keer my voete uit die huis gesit het. Die vloek kan my mos kom haal as ek buite gaan, só sê my ma.