Die bure het ‘n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam Annabel … Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur. Katastrofe!