"Al wat ek weet" deur Marita van Der Vyver is 'n boek wat jou laat glo al in moeilike tye is daar altyd kans vir liefde. Gabriel se rap-lirieke laat jou gou sy emosies voel. Jy wonder ook hoekom dit lyk of Sasha se ma 'n jaar laas buite die huis was. In die boek het ek geleer dat dit baie belangrik is om vriende te hê, want dis hulle wat jou altyd kan laat beter voel en sekere dinge moet jy vir iemand vertel en wie beter as jou beste vriend saam 'n koffie. Ek sal die boek aanbeveel vir enige tiener wat alleen voel.
'n Roman wat jou terugneem na die swaar tye tydens die Anglo-Boereoorlog. In dieselfde asem is jy terug in Madelaine se lewe met vrae soos: Wie se hart is binne my borskas? "Oopmond" deur Jan Vermeulen is 'n boek wat nie maklik neergesit kan word nie. As jy 'n atleet of oorplantingskandidaat is, sal jy jouself in Madeleine se skoene kan plaas. Die boek raak redelik vinnig baie interessant en is definitief die moeite werd om te lees.
"Iewers vlieg daar fairy dust" deur Marisa Haasbroek - Dit gaan oor 'n meisie wat in die plakkerskamp bly saam met haar ouma en niggies. Sy wil graag 'n dokter word. Sy werk drie duisend ure altesaam in 'n videowinkel om geld in te samel om te gaan studeer. Wat gebeur as haar niggies besluit om iets anders met die geld te doen? en sal sy ooit haar ander ouma vind? Ek het die antwoorde gevind. Hoop julle kry hulle ook.
Ek het nou onlangs 'n boek gelees met die naam van: "Geraamte in die klas" deur Fanie Viljoen. Julle die boek is regtig AWSOME!!!!!!!!! Die boek is vrek snaaks ook daarby. As daar seuns is wat die boek gan lees, stel ek voor moet nie idees kry, en dit op die meisies te probeer trek nie!! Oom Fanie jy mag maar skryf want jy's die beste!! Ek het maagkrampe gekry so lekker het ek gelag! Ek was 24/7 vasgenael voor die boek. Hy's nommer een op my lysie!!!!!!
As jy hou van fantasie met 'n tikkie avontuur is "Eggo's in die Skimberge" geskryf deur Kobie Krüger, die boek vir jou. Dit gaan oor 'n meisie met die naam, Mattie wat een aand sterretjies sien reën bo oor die Skimberge. Sy vertel vir Henk daarvan omdat by die enigste een is wat nie vir haar sal lag nie. Hulle besluit om te gaan ondersoek instel, maar hulle kry teëspoed: hulle val by 'n waterval af, beland in 'n ravyn en verdwaal in 'n woud. Wanneer hulle met die woud se inwoners kennis maak, besluit Mattie en Henk om hulle te help met hul desperate soektog na hul verlore prins en prinses.
"Amper Einstein", Christien Neser (Tafelberg) Leonard en sy vriende, Jarred, Hannelore en Greeff, is ingeskryf vir ’n brugboukompetisie. As hulle kan wen, kan Leonard die kans kry waarvan hy droom – ’n beurs na een van die goeie universiteite in Amerika toe. Maar die lewe is nie so ordelik soos wiskunde nie, ten minste nie vir Leonard se gesin nie. As sy jonger broer, Mischa, met Asperger-sindroom gediagnoseer word, begin Leonard uiteindelik sy klein Einstein-broer verander. Dit word ’n baie mooi storie oor die liefde tussen broers en hoe ’n ‘freaky’ gesin leer om met Aspergers saam te leef.
"Felix Fox reis deur Storieland" is 'n cool boek. Ek het dit baie baie geniet.
"Agent Alex." Ek is 'n seun en dit 'n lekker speurverhaal. My tone het omgekrul toe ek dit lees.
Ek is absuluut MAL oor perdestories, want perde is gehoorsame en avontuurlustige diere. Ek en my familie is almal mal oor perde. Toe my oom klein was het hy sy ma gesmeek vir 'n perd (ek ook), maar sy ma het gesê dat hulle nie plek of 'n stal vir die perd het nie. Toe sê hy:"Ons saag net die buite-toilet se deur middeldeur horisontaal, haal uit die toilet, en sit hooi in!"
Spookstories is wonderlik, want hulle is grillerig en rillerig... en die monsters is soveel meer skrikkerig, want jy kan jou verbeelding gebruik om te sien hoe hulle lyk (in plaas daarvan om te sien hoe iemand anders aan hulle dink).