Haasbekkies

Stories vir beginnerlesers

Professor Trommeldikkus

Professor Trommeldikkus waai weg

Professor Trommeldikkus gee ’n lang gaap en maak sy oë oop. Dit is al wragtig weer Maandag. Die dae vlieg regtig verby. Dit voel regtig asof dit net gister Vrydag was. Gelukkig is dit nog vakansie, so hy hoef nie klas te gee nie. Hy sug en spring van die boomtak af waarop hy gelê het.

Spits durf die donker aan

Spits, die tuinkabouter, sit heel agter op die verste paddastoel van die res van die kabouters af. Oupa Vaatjie het al die tuinkabouters bymekaar geroep vir ’n belangrike vergadering. Die donker hoekie van die tuin waar hulle nou sit, gee vir Spits koue rillings.

Smokey vlieg

Smokey vlieg

Terwyl Smokey een oggend in die sonnetjie lê, hoor hy aardige geluide vanuit die kamer kom.
“Dalk het Ouma geval!” dink hy terwyl hy vinnig kamer toe draf. Maar nee, sy is besig om haar groot tas bo van die kas af te haal.

Nina se vellie-avontuur

Nina se vellie-avontuur

Met hangskouers en effe te groot vellies stap Nina sleep-sleep deur die veld. Sy verlang na die stadsliggies, na die dae toe haar ouers nie so besig was nie en na haar pophuis.

Petronella, die vlakwaterpadda

Petronella, die vlakwaterpadda

Rosie is verveeld. Sy dwaal rond in die tuin om hulle huis. Miskien moet sy by Ouma gaan tee drink. Maar dan hoor sy iemand hartseer huil…

HB Maanpêrels

Maanpêrels

Nicky en Riffels speel in die tuin. Hulle jaag skoenlappers en blaas borrels – enigiets, net solank Nicky nie moet gaan bad en in ’n donker kamer moet gaan slaap nie. Nicky haat die donkerte, dit maak haar bang.

HB Bartel Beer bak kluitjies

Bartel Beer bak kluitjies

Daar is ‘n paadjie al deur die bos…
en ‘n stroompie om visse te vang vir kos.
Stap ‘n bietjie aan en dan kry jy ‘n grot,
Bartel die beer en sy gesin se genot.

Candy se Mexikaanse avontuur

Candy se Mexikaanse avontuur

In ’n huis in Pretoria, gaan lê ’n klein bruin hondjie op haar gunsteling kussing. Sy krul snoesig op en sug saggies soos wat sy insink in die verekussing.

Die fontein van kristal

Die fontein van kristal

Ver op ʼn berg staan die groot kasteel
van ʼn koning met baie mag,
maar sy dogter, Magriet, bring hom veel verdriet
want sy hou net te veel van lag.

Hekelsteeltjie

Hekelsteeltjie

Eens op ’n tyd het daar ’n knap meisie, Lien, of Lientjie, soos meeste mense haar noem, saam met haar ouma in die platteland gewoon.

Boksom

Boksom en die bende

Boksom is ’n baie vriendelike Pit Bull. Hy bly saam met sy gesin wat baie lief is vir hom. Daar is net een ding wat Boksom baie hartseer maak…

Frieda

Frieda se verlore fluit

Frieda is ‘n dolgelukkige dogtertjie. Sy fluit die hele tyd. Sy fluit terwyl sy die honde was, sy fluit terwyl