Spits durf die donker aan

Spits, die tuinkabouter, sit heel agter op die verste paddastoel van die res van die kabouters af. Oupa Vaatjie het al die tuinkabouters bymekaar geroep vir ’n belangrike vergadering. Die donker hoekie van die tuin waar hulle nou sit, gee vir Spits koue rillings.

Toe als groen was

Normaal. Daai woord, daai ding wat ek nooit sal wees nie. Op haar agtiende verjaarsdag loop Marné weg van die huis af. Weg van Die Sending waar sy grootgemaak is tussen groen valleie. Weg van die kultus met hulle tienduisend reëls wat haar hele lewe beheer. Sy begin ’n nuwe lewe by haar tannie in […]

Kerkstraat 15

In my straat is daar ‘n huis wat jou rillings gee al dink jy net aan die plek. Die tuinhekkie staan oop maar die gras is so lank dat jy nie eens kan sien watter kant die ingang is nie. Daar is nie ‘n enkele lewendige plant nie – nie ‘n kolletjie groen nie.

Om jou te ken

“Happy birthday to youuu! Hiep-hiep-hoera! Hiep-hiep-hoera!” Ek sug verlig toe die vals gesingery tot ‘n einde kom. Dis ‘n sonde om so gestraf te word op jou verjaarsdag! “Kom, Gabby en Georgia, blaas nou jul kerse dood,” deel antie Frieda orders uit. Dit gaan nou al heeloggend so: Slaap ‘n bietjie laat! Eet julle brekfis! […]

Smokey vlieg

Terwyl Smokey een oggend in die sonnetjie lê, hoor hy aardige geluide vanuit die kamer kom.
“Dalk het Ouma geval!” dink hy terwyl hy vinnig kamer toe draf. Maar nee, sy is besig om haar groot tas bo van die kas af te haal.