Ons stel bekend die wenners van 2021 se Jeugromankompetisie!
Annelie Ferreira wen die afdeling vir Manuskripte vir Tieners asook die Algehele Wenner:
Dit het alles begin by ‘n hond vertel die storie van hoe vier uiteenlopende tieners, Fundani, Sandria, Lihle en Vincent, se paaie kruis. Hulle ken mekaar van geen kant af nie, maar daar is iets magies wat hulle aan mekaar bind … (Die boek verskyn in September.)
Nerine Ahlers wen die afdeling vir Manuskripte vir Jonger Tieners:
Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit is ‘n lekkerleesboek in die kraal van ‘n moderne Swart Kat-storie. Hierdie boek is vir lesers wat dol is oor superheld-boeke en -flieks! (Die boek verskyn in Oktober.)
Noreen Nolte wen die afdeling vir Manuskripte vir Jong Volwassenes:
Uitverkies is ‘n distopiese verhaal met ‘n sterk vroulike hoofkarakter, Zia. Die wêreld soos Zia dit ken, word skielik omvergegooi en alles is chaos. Hoe vind jy jou pad in hierdie deurmekaar wêreld? (Die boek verskyn in November.)
Die finaliste was:
Manuskripte vir jonger tieners:
Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit – Nerine Ahlers
Die grys wolf en die rooi fiets – Anrie le Roux (Debuut)
Soek – Nellie Alberts
Manuskripte vir tieners:
Onder alles – Fanie Viljoen
Dit het alles begin by ‘n hond – Annelie Ferreira
Uitgesluit – Nerine Ahlers
Veergewig – Jan Vermeulen
9 Maart 2022