Drie graad neges is op pad KwaZulu-Natal toe vir ’n wetenskap-ekspo. Chloe, Mbali en Dante ken mekaar nie regtig so goed nie, maar hierdie reis gaan alles verander … Die ekspo skop af te midde van swaar reën, en halfpad deur die oggend kom die waarskuwing om die area te ontruim weens dreigende vloede en […]
Franci Greyling
Maleierkind – Stories uit die Bo-Kaap
Maleierkind – Stories uit die Bo-Kaap is ’n kleurvolle bundel verhale wat die geskiedenis, mites en volksverhale van die Kaapse Maleiergemeenskap laat herleef. Wendy Maartens bring klassieke Bo-Kaapse stories met warmte, humor en toeganklikheid aan jong lesers oor. Bekende verhale soos “Doederomandro”, “Die drie broers en die blou voëltjie”, “Boer en Jakkals”, “Die prinses en […]
Kombuistaal
Hierdie kookboek gaan die jongspan nie net laat smul aan heerlike kos nie, maar ook leer hoe om gesonde keuses te maak. Kombuistaal gee vir kinders die woordeskat en vaardighede om seker te maak dat hulle van jongs af weet hoe om kos te kies wat gesond en heilsaam is. Selfs grootmense word touwys gemaak […]
Die seerowers van die Silwer Sardien: Oogsterretjies
Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue, pratende katte en geheime skatte. In “Oogsterretjies” leer Septimus die skaam seerower en Grommer die kat oor wat hulle harte laat warm klop. Wat dit is wat vir hulle oogsterretjies gee sodat hulle presies doen wat hulle veronderstel is om te doen!
Die Seerowers van die Silwer Sardien: Die drie swaarde
Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue, pratende katte en geheime skatte. In “Die drie swaarde” moet Septimus en Grommer help om ‘n verlore skat te vind voor die verkeerde groep seerowers hulle kloue op die skat kry. Gaan hulle betyds die skat kan vind?
Ons laaste legendariese somer
“Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike somer-skoolvakansie?” Tobi, Rowan en Dean besef matriek gaan rof wees. Die onderwysers deel alreeds huiswerk uit en dis nou eers die einde van graad elf. Daarom moet hulle hierdie laaste Desember-vakansie legendaries maak. Hulle sit af na Vleesbaai – ja, daar is rêrig so ’n plek […]
Bravo! Charlie
Wat het geword van elke man vir homself? Charlie Flets is 17, taai en ʼn 800m atleet op pad na SA’s. Behalwe vir sy skaaphond buddy, Bravo, en vriend, Jordan Jafta, probeer Charlie sy bes om solo te vlieg. Probeer … Dis makliker gesê as gedaan, veral as jou buddies moeilikheid kry. Terwyl hy bloed […]
Donkerster
Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie. Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Wouter, toekomstige hoofseun en sterkrieketspeler; Stef, die sjarmante […]
Noodlot (resensie)
Noodlot is die derde boek in Sunel Combrinck se faereeks, Die Ontwaking van Winter, gemik op ’n tiener- en jongvolwasse-gehoor. Wat dadelik die aandag trek, is die pragtige, geïllustreerde omslag deur Casper Schutte. Op die voorblad staan twee figure rug-aan-rug: ’n jongman aan die linkerkant en ’n meisie aan die regterkant. Die man het helder-oranje […]
Noodlot
Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby nie. In ’n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue te hou, roep Zander ’n Forya en’ tarna, ’n Elwe-grootwordritueel. Die vriendegroep word geskei en dis die begin van ’n nuwe avontuur en soeke na antwoorde deur die hele Tír […]