Doc Immelman publiseer aanvanklik in skoolblaaie. Sy eerste kortverhaal verskyn in 1954 in die Huisgenoot. Uit sy pen verskyn meer as 35 boeke, 400 kortverhale en talle artikels en essays. Met sy eerste boek, Verhale uit Suidwes (1958), lei hy ‘n lang tradisie in van avontuur- en jagverhale wat afspeel in NamibiĆ«.
In Blits (1970) word die verhaal vertel van die wedervaringe van ‘n Rhodesiese rifrug en sy baas, Dirkie van der Walt, in die ruwe ongetemde Duits-Suidwes van 1906. In Die beestrek (1974) gaan dit oor twee sestienjarige seuns en hulle handlangers se trek met ‘n groot trop beeste na ‘n noodweidingsgebied in NamibiĆ«. Onheil in die Kuiseb (1983) speel af teen die agtergrond van die stryd tussen die Duitse maghebber en die Topnaars in 1905. Die soektog (1985) het ‘n swart seun, Shilongo, en sy suster as hoofspelers.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- Verhale uit Suidwes (1958)
- Blits (1970)
- Die Beestrek (1974)
- Onheil in die Kuiseb (1983)
- Die soektog (1985)