Lize Roux het op ’n Karoo-plaas grootgeword en sy verlang nog steeds terug daarheen. Een van haar heel eerste kleintydfoto’s is van haarself op hul perd, Goldie, met haar pa wat die teuels vashou. Sy is die skrywer van die Stalmaats-reeks wat deur LAPA-uitgewers uitgegee word. Die reeks handel oor Anri Marais en haar maats se wedervaringe by ’n ryskool.
R
Heléne Roux
Lien in ‘n neutedop:
Gebore in Pretoria in 1940, gematrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria in 1957. Is nou getroud met dr Johann de Jager. Ek het twee dogters, twee skoonseuns en vier kleindogters. My stokperdjie is houtbeeldhouwerk, en ek is ‘n kroniese leser van alles waarop ek my hande kan lê.
Kwalifikasies BA (UNISA).
Ek het ‘n lang loopbaan in die Staatsdiens gevolg, waaronder ek verskeie vreemde dinge gedoen het – soos fossiele onder ‘n mikroskoop voorberei vir navorsing.
- Sedert 1981 was ek ‘n bedryfsjoernalis, onder meer:
- Redakteur van die kindertydskrif SKIPPER vir die Departement Omgewingsake
- Redakteur van FOCUS, die in-huis nuusbrief vir die RGN
- Redakteur vir FORUM,die in-huis nuusbrief van die ou Transvaalse Provinsiale Administrasie (ook verskeie ander publikasies)
- Redakteur van BULLETIN, nuusbrief vir die Sielkunde- vereniging van Suid-Afrika.
- Redakteur van MONITOR, nuusbrief vir die SA Mediese en Tandheelkundige Raad
- Redakteur van INTERFACE,nuusbrief vir die maatskappy Technicare
- Redakteur van KRUIN KOERIER, gemeentemaandblad.
Ek het ook ‘n verskeidenheid draaiboeke vir dokumentêre videos geskryf, kinderwerk gedoen vir radio, ‘n reeks oor padveiligheid vir kinders vir die destydse Bophutatswana, poppeteater, en ‘n verskeidenheid artikels vir ‘n verskeidenheid tydskrifte, veral oor toerisme en natuurbewaring.
Noudat ek nie meer voltyds werk nie, het ek weer hard begin skryf – daar is twee manuskripte by die uitgewers op die oomblik, ons sal maar sien wat die publikasiemoontlikhede is.
Publikasies onder die naam Heléne Roux:
- 1983 – Kamp F51 (Tafelberg Uitgewers)
- 1984 – Salakwanda die Towenaar (Tafelberg Uitgewers)
- 1989 – Anderkant die Berge (Daan Retief Uitgewers)
(Ook vertaal – Beyond the Mountains) - 1990 – Eendag was daar ‘n oorlog (Tafelberg Uitgewers)
(Finalis – een van 10 – vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur vir daardie jaar) - 2001 – Monsterduiwe (LAPA Uitgewers)
Kowie Rossouw
Kowie is gebore op ‘n plaas, Uitsig, in die Cederberge. Sy begin haar skoolopleiding aan Laerskool Vogelfontein, ‘n plaasskool in die Cederberge. Vanaf st. 4 gaan sy na Hoërskool Clanwilliam waar sy gematrikuleer het.
Sy studeer vir onderwyseres aan die Opleidingskollege, Wellington, gee onderwys vir st. 1 en 2 en los later af by verskillende laerskole. Begin werk as Administratiewe Sekretaresse in 1968. Sy werk ook by instansies soos SAW in Roelandstraat, Krygkor in Strand en Helderberg Munisipaliteit in Somerset Wes. Tans is Kowie vryskut skrywer en doen ook afloswerk by personeelagentskappe.
Sy woon in ‘n dorpshuis kompleks in Bellville en het twee seuns, Jan en Jacques wat albei getroud is. Die spesiale man in haar lewe is Frank Maritz.
Stokperdjies is die skryf van lirieke en veral jeugverhale. Neem Latyns-Amerikaanse danse by Fred Aistare dansskool.
Speisale onderskeidings: Ontvang ‘n meriete toekenning as oudleerling van die Hoërskool Clanwilliam, vir haar aandeel in die uitbouing van Afrikaans in die woord en lied.
“Ek is baie lief vir die natuur en gaan sit soms alleen in die ou kerkie by Churchhaven wanneer ek diep stilte soek en baie spesiale leiding nodig het of wanneer ek ‘n baie moeilike besluit moet neem of worstel met ‘n bitter swaar probleem.”
Skryfwerk: My eerste versie geskryf toe ek 11 jaar oud was – verskyn in die destydse Byvoegsel tot die Burger met die titel, My perdjie. Begin met skryf van stories waarvan sommige uitgesaai is oor radio vir Siembamba en Wielie Walie in 1983/4.
Lirieke
- Skryf lirieke van sommige van Randall Wicomb se liedjies.
- Die eerste, Kosmosblomme, kom op langspeler 1982/3
- Daarna verskeie liedjies, o.a. Graaff-Reinett, Riversdal se Heide, Kopersmid (die verse nie die refrein nie), Middelburg, Patensie, Rypsomer-liefde (skryf dit vir Frank), wyle Danie Craven se 80ste verjaarsdag
- Temaliedjies van TV Program: Boeregebruike.
- Skryf ‘n lied vir Leonie van Niekerk vir haar Christelike CD, Jesus, ons Hoop
- Skoolliedere vir Klein skooltjie by Upington, Voorbereidingskool Worcester, Voorbereidingskool Durbanville.
Publikasies
- 1983 – Willem en die Bruin Hings (Waterkant Uitgewers)
- 1984 – Avontuur in die Cederberge (Waterkant Uitgewers)
- 1985 – Jacques Roux se vuurdoop op Ceres (Waterkant Uitgewers)
- 1986 – Operasie Blou Disa/Operation Blue Disa (Daan Retief Uitgewers) Finalis van Jeugboek wedstryd
- 1986 – Koba – (Waterkant Uitgewers)
(Stellenbosh Universiteit gebruik die boek vir hul studente) - 1986 – Onheil op Eselsrus (HAUM)
- 1986 – Op die spoor van blou goud (HAUM)
- 1986 – Onheil op Eselsrus (HAUM)
- 1987 – Rooi Somer (Waterkant Uitgewers) (Novelle vir volwassenes. In 1988 genomineer vir die ATKV-prys en eindig onder eerste 5)
- 1989 – Die pad oor die berg kom huis toe (Tafelberg)
- 1989 – Drie loop saam (Waterkant Uitgewers)
- 1990 – Wie se hart kan dit dan hou (Tafelberg) Verwerf die Sanlam brons medalje vir jeuglektuur 1989
- 1994 – Somersproete (Juta – Ekonopret reeks)
- 1995 – Wanneer tekkies blom (Waterkant Uitgewers)
- 1996 – Moyeni die Aandwindjie (Juta – Sterboekie vir graad 2)
- 1998 – Moyeni the evening Breeze (Juta)
- Mia-Meraai (Volwasse roman) verskyn teen Junie 2000 by JP van der Walt.