Kowie Rossouw

Kowie Rossouw

Kowie Rossouw skryf lirieke vir sangers soos Randall Wicomb - "Weet jy hoe stil kan dit wees as die aand gaan lê?" - neem Latyns-Amerikaanse danse en skryf jeugverhale.

Kowie is gebore op ‘n plaas, Uitsig, in die Cederberge. Sy begin haar skoolopleiding aan Laerskool Vogelfontein, ‘n plaasskool in die Cederberge. Vanaf st. 4 gaan sy na Hoërskool Clanwilliam waar sy gematrikuleer het.

Sy studeer vir onderwyseres aan die Opleidingskollege, Wellington, gee onderwys vir st. 1 en 2 en los later af by verskillende laerskole. Begin werk as Administratiewe Sekretaresse in 1968. Sy werk ook by instansies soos SAW in Roelandstraat, Krygkor in Strand en Helderberg Munisipaliteit in Somerset Wes. Tans is Kowie vryskut skrywer en doen ook afloswerk by personeelagentskappe.

Sy woon in ‘n dorpshuis kompleks in Bellville en het twee seuns, Jan en Jacques wat albei getroud is. Die spesiale man in haar lewe is Frank Maritz.

Stokperdjies is die skryf van lirieke en veral jeugverhale. Neem Latyns-Amerikaanse danse by Fred Aistare dansskool.

Speisale onderskeidings: Ontvang ‘n meriete toekenning as oudleerling van die Hoërskool Clanwilliam, vir haar aandeel in die uitbouing van Afrikaans in die woord en lied.

“Ek is baie lief vir die natuur en gaan sit soms alleen in die ou kerkie by Churchhaven wanneer ek diep stilte soek en baie spesiale leiding nodig het of wanneer ek ‘n baie moeilike besluit moet neem of worstel met ‘n bitter swaar probleem.”

Skryfwerk: My eerste versie geskryf toe ek 11 jaar oud was – verskyn in die destydse Byvoegsel tot die Burger met die titel, My perdjie. Begin met skryf van stories waarvan sommige uitgesaai is oor radio vir Siembamba en Wielie Walie in 1983/4.

Lirieke

  • Skryf lirieke van sommige van Randall Wicomb se liedjies.
  • Die eerste, Kosmosblomme, kom op langspeler 1982/3
  • Daarna verskeie liedjies, o.a. Graaff-ReinettRiversdal se HeideKopersmid (die verse nie die refrein nie), MiddelburgPatensieRypsomer-liefde (skryf dit vir Frank), wyle Danie Craven se 80ste verjaarsdag
  • Temaliedjies van TV Program: Boeregebruike.
  • Skryf ‘n lied vir Leonie van Niekerk vir haar Christelike CD, Jesus, ons Hoop
  • Skoolliedere vir Klein skooltjie by Upington, Voorbereidingskool Worcester, Voorbereidingskool Durbanville.

Publikasies

  • 1983 – Willem en die Bruin Hings (Waterkant Uitgewers)
  • 1984 – Avontuur in die Cederberge (Waterkant Uitgewers)
  • 1985 – Jacques Roux se vuurdoop op Ceres (Waterkant Uitgewers)
  • 1986 – Operasie Blou Disa/Operation Blue Disa (Daan Retief Uitgewers) Finalis van Jeugboek wedstryd
  • 1986 – Koba – (Waterkant Uitgewers) 
    (Stellenbosh Universiteit gebruik die boek vir hul studente)
  • 1986 – Onheil op Eselsrus (HAUM)
  • 1986 – Op die spoor van blou goud (HAUM)
  • 1986 – Onheil op Eselsrus (HAUM)
  • 1987 – Rooi Somer (Waterkant Uitgewers) (Novelle vir volwassenes. In 1988 genomineer vir die ATKV-prys en eindig onder eerste 5)
  • 1989 – Die pad oor die berg kom huis toe (Tafelberg)
  • 1989 – Drie loop saam (Waterkant Uitgewers)
  • 1990 – Wie se hart kan dit dan hou (Tafelberg) Verwerf die Sanlam brons medalje vir jeuglektuur 1989
  • 1994 – Somersproete (Juta – Ekonopret reeks)
  • 1995 – Wanneer tekkies blom (Waterkant Uitgewers)
  • 1996 – Moyeni die Aandwindjie (Juta – Sterboekie vir graad 2)
  • 1998 – Moyeni the evening Breeze (Juta)
  • Mia-Meraai (Volwasse roman) verskyn teen Junie 2000 by JP van der Walt.
Inligting verskaf deur Kowie Rossouw, April 2000
Kowie Rossouw
2000-04
0
Would love your thoughts, please comment.x