Speeltydstories

Daar is allerlei dinge om te verken in hierdie prettige boek vol speeltydstories! Klein vingertjies kan die vingerspore volg, die teksture voel en die flappies oplig. Die vyf rymende stories maak hierdie boek die perfekte wegspringplek na `n wêreld van leesplesier. Hierdie pragtig geïllustreerde, interaktiewe boek is geskik vir kinders van 6-18 maande.

Lawwe Geluide: Die Wiele van die Bus

Kom kuier by oom Klasie op die plaas of kom ry op die bus en sing saam met die gewilde en bekende kinderliedjies. Of kom swaai saam met Arno Apie tussen die takke rond terwyl hy die raserige diere leer ken of ry saam met Tommie Taxi deur die stad en vind meer uit oor sy raserige voertuigmaats.

Lawwe Geluide: Raserige Voertuie

Kom kuier by oom Klasie op die plaas of kom ry op die bus en sing saam met die gewilde en bekende kinderliedjies. Of kom swaai saam met Arno Apie tussen die takke rond terwyl hy die raserige diere leer ken of ry saam met Tommie Taxi deur die stad en vind meer uit oor sy raserige voertuigmaats.

Lawwe Geluide: Raserige Diere

Soek en sien: Pret met wilde diere

Speel lekker soekspeletjies saam met Mossie en haar maats. Soek en sien allerhande plaasdiere! ’n Prettige kartonboek met rondrol-ogies en draaiwiel, sowel as tel- en soekspeletjies vir kinders van 3 jaar en ouer.

Baba se ratelboekie: Muis

Kom vind uit waarvoor Muis haar stert alles kan gebruik in hierdie raserige ratelboekie! Skud vir Hondjie om te hoor hoe die klokkie rammel en ratel. Net die regte grootte vir klein handjies. Daar is vier boeke in die reeks.

Dis lekker op die plaas

Sing “Oom Klasie het `n plaas” saam met die diere op die plaas! Kom kuier by oom Klasie op die plaas en druk raserige klankknoppies om by die dieregeluide te pas.

Eerste woorde

Bennie Beer het `n besige dag. Gaan loer saam met hom in by die winkel, die swembad en die skool. Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan woorde bekend te stel. Kyk na die voorwerpe wat op die linkerbladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om die voorwerpe op die regterkantste bladsy te soek. Hope glinsterende pret!

Eerste syfers

Vertrek saam met Fanie Vark op `n fantastiese reis, van hoog in die lug tot diep onder die see! Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan syfers bekend te stel. Kyk na die voorwerpe wat op die linkerkantste bladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om te tel hoeveel keer dit op die groot prentjie aan die regterkant verskyn. Hope glinsterende pret!