Leer speel-speel woordeskat met jou gunsteling-diere! Hierdie stewige kartonboek is propvol wonderlike diere – van reusagtige olifante tot piepklein skoenlappers en oulike babadiere. Die pragtige, kristalhelder foto’s en lewendige illustrasies is in verskillende kategorieë gerangskik – van troeteldiere tot wilde diere en plaasdiere.
Woordetikette moedig wys, benoeming en praatvaardighede aan, terwyl dit woordeskat en taal ontwikkel. My eerste 100 diere is ontwerp om in te lig en te vermaak, en is die begin van jou baba se leer-avontuur – die wêreld is ongelooflik, beeldskoon, interessant en prettig!
Met 100 prente met byskrifte is hierdie prettige wys-en-sê-boek propvol dinge om oor te gesels, te leer en te glimlag.
Ontwikkel saam met `n voorste opvoedkundige konsultant, Penny Coltman, om te verseker:
– Benoeming van prente ontwikkel taal en bou woordeskat.
– Tematiese blaaie ontwikkel kennis van die wêreld.
– Duidelike byskrifte bevorder vroeë leesgereedheid.
baba
Boeke vir die heel kleintjies
Skuif en loer: Kleure
Speelmaats: Krokodil is kwaad
Hierdie oulike reeks boeke is ontwerp om kinders meer oor emosies en sosiale vaardighede te leer. Elke storie fokus op en verken `n spesifieke emosie of sosiale vaardigheid. Die stories is in eenvoudige, maklik verstaanbare taal geskryf, en die pragtige ïllustrasies sal kinders boei en vermaak terwyl hulle lees. Agterin elke boek is vrae oor die storie. Dit gee volwassenes die geleentheid om die aangeleenthede te bespreek wat in elke boek aangeraak word, en op die tema voort te bou.
Boeke in die reeks:
* Krokodil is kwaad
* Skaap is bang
* Eekhoring is hartseer
* Seekoei is gelukkig
* Beer leer om te deel
* Hamster leer om te help
* Katjie leer om te luister
* Hondjie leer goeie maniere
Baba se eerste plaasdiere
Hierdie reeks helder, stewige kartonboekies is die perfekte wegspringplek om jou baba aan die wonderwêreld van boeke bekend te stel. Daar is vier titels in die reeks wat babas aan verskillende eerste sleutelkonsepte bekend stel: Kleure, Wilde diere, Plaasdiere en Woorde.
Kleure
Leer meer oor kleure met hierdie pragtige kartonboekie vol helder kleurfoto`s van alledaagse dinge. Die interaktiewe bevat ook `n spieeltjie waarin babas hulself kan sien.
Wilde diere
Stel jou baba aan die vriendelike diere in hierdie prettige kartonboek bekend. Van leeuwelpies tot olifante en sjimpansees, is daar foto`s van verskillende diere op elke bladsy, en eenvoudige vrae om te lees en te deel.
Plaasdiere
`n Eerste kennismaking met plaasdiere. Op elke bladsy wag verskillende babadiere waarmee jy kan kennis maak. Kyk na die helderkleurige foto`s en leer die woorde in hierdie fantastiese eerste diereboek waarop kleintjies versot sal wees.
Woorde
Van speelgoed tot kos tot diere stel jou baba bekend aan `n versameling eerste sleutelwoorde met hierdie prettige kartonboek. Elke nuwe woord wat geleer word, word toegelig met `n groot, kleurvolle foto en `n eenvoudige woordetiket, terwyl klein handjies graag die gladde, gevormde bladsyrande sal verken.
Stoot en trek: Plaasdiere
Slaaptydstories
Daar is allerlei dinge om te verken in hierdie prettige boek vol slaaptydstories! Klein vingertjies kan die vingerspore volg, die teksture voel en die flappies oplig. Die vyf rymende stories maak hierdie boek die perfekte wegspringplek na `n wêreld van leesplesier. Hierdie pragtig geïllustreerde, interaktiewe boek is geskik vir kinders van 6-18 maande.
Vrolike Vriende: Soek en pas prettige plaas
Lammie die skapie is op pad skool toe en hy het jou hulp nodig!
Met kleurvolle illustrasies, eenvoudige teks en prettige kartonkarakters wat in die gleufies op die bladsye pas, is hierdie boek perfek vir kleuters om saam te lees en saam te speel, deur telkens die verskillende dierekarakters te soek en pas op elke bladsy.
Ander boek in die reeks:
Vrolike Vriende: Soek en pas oerwoud-partytjie
My boekhuisie: Op die plaas
Kinders is nooit te jonk om `n boek saam met jou te geniet nie. Dis pret om saam na die prentjies te kyk en die namevan bekende voorwerpe te leer. Die klein, hanteerbare boekies help peuters om woordeskat uit te brei, terwyl dit vroeë leesvaardighede ontwikkel.
Hierdie pragtige boksie bevat vier kartonboekies met lieflike illustrasies en eenvoudige teks.
Ander boek in die reeks:
My boekhuisie: Baba se dag
Wielie Walie Woelwaters: Bennie Boekwurm leer ons van vorms
In hierdie reeks kartonboeke met skoonvee-pen en uitvoubladsye leer kinders speel-speel basiese konsepte ken saam met Louise Smit se bekendste karakters uit die destydse TV-programme, Wielie Walie en Haas Das.Kom leer alles van vorms saam Bennie Boekwurm, die Wielie Walie-parkie se slimste storieverteller. Draai die prentewiel, vou die bladsye oop en gebruik die skoonvee-pen op die bladsye. Met lekker oefeninge, maklike speletjies wat jy by die huis kan speel, is dit pret om te leer!
Ander boeke in die reeks:
Wielie Walie Woelwaters: Sarel Seemonster leer ons van kleure
Wielie Walie Woelwaters: Karel Kraai leer ons van syfers
Wielie Walie Woelwaters: Haas Das leer ons van teenoorgesteldes