Spaghetti tussen jou tone

Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees.Haar naam is juffrou Zaan van Graan.
En almal sê sy word NOOIT OOIT kwaad nie.
Maar Tom en Trevor hou van poetse bak.
Dit is hulle spesiale talent!
Daarom begin hulle dadelik planne maak.
Planne om die nuwe juffrou WOEDEND te maak!
In hierdie splinternuwe skaterlagstorie uit die pen van Jaco Jacobs vind die twee grootste poetsbakkers in die skool uit waarom dit NIE n goeie idee is om met `n juffrou soos juffrou Zaan skoor te soek nie. Jy mag dalk net die een wees wat spaghetti tussen jou tone kry…

BEKRONING: 

ATKV-Kinderboektoekenning

Rympies vir kleintjies en kleuters

Omdat rympies so n waardevolle opvoedkundige rol speel, is die verskyning van elke nuwe rympieboek n geleentheid om toe te juig, veral as dit so n pragpublikasie soos Rympies vir Kleintjies en Kleuters is. Carike KeuzenkampHierdie bundel is die opvolger van die baie suksesvolle
Rympies vir Pikkies en Peuters
wat in 2015 verskyn het. Met sy prettige volkleur-illustrasies bied dit n keurversameling verse spesiaal saamgestel vir drie- tot vyfjariges. Digby 400 rympies deur meer as 100 skrywers dek al die onderwerpe wat deel is van klein kinders se leefwereld in heerlike, maklike, sprankelende Afrikaans. Aangesien die bundel sorgvuldig beplan is om aan nasionale opvoedkundige vereistes te voldoen, vorm dit n onmisbare hulpmiddel vir opvoeders en versorgers in speelskole, met n nuttige gebruiksgids agter ingesluit.
Rympies vir Kleintjies en Kleuters
sal egter ook tuis wees in elke huis om nie te praat van kuiertyd by Ouma en Oupa nie!

Hoendervleis: Grillerige stories en rympies

Kom slaap `n nag lank in die spookkamer.
Vind uit wat gebeur as jy `n poets op `n onnie soos juffrou Grimbeek bak.

Waag dit om `n paar baie spesiale handskoene aan te trek.

Ontdek die nuwe rugbyheld se grillerige geheim.

Vind uit waarom jou kleinboetie nog elke aand met sy bedlampie aan slaap.

En kom swem in die Middernagmeer as jy dapper genoeg is.

Hierdie boek vol grillerige stories en rympies sal jou heerlik hoendervleis laat kry! Daar is `n weerwolf wat saam op die skoolkamp gaan, `n paar spokerige handskoene wat goed is met klavier speel, `n baie vreemde onderwyseres en iets wat jou die hardste van almal in die fliek sal laat gil!

Jong grilvrate sal versot wees op hierdie versameling stories en rympies uit die pen van Jaco Jacobs.

Liedjies vir pikkies en peuters

Hierdie liedjieboek bestaan uit 40 versies uit die gewilde Rympies vir pikkies en peuters, deur Gertie Smit getoonset. Die boek bevat musieknotasie en n kleurillustrasie per liedjie en is volgens opvoedkundige vereistes vir die ouderdomsgroep (1 tot 3-jariges) saamgestel. Elke liedjie word op CD, wat saam met die boek verpak is, vertolk.

Sterkykers

Hierdie bundel vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners bou voort op die suksesvolle Toulopers. Bekende digters en skrywers soos Koos Kombuis, Ronelda S. Kamfer, Nathan Trantraal, Annie Klopper, Fanie Viljoen, Izak de Vries en Jaco Jacobs span kragte saam met opwindende nuwelinge soos Deon Meiring (hoofsanger van die groep Glaskas), Solette Swanepoel, Donnay Torr en Danie du Toit (sanger en liedjieskrywer van die groep Spoegwolf) in `n opwindende digbundel wat spesiaal saamgestel is om hedendaagse jongmense se leefwêreld te weerspieël.

Sterkykers

Hierdie bundel vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners bou voort op die suksesvolle Toulopers. Bekende digters en skrywers soos Koos Kombuis, Ronelda S. Kamfer, Nathan Trantraal, Annie Klopper, Fanie Viljoen, Izak de Vries en Jaco Jacobs span kragte saam met opwindende nuwelinge soos Deon Meiring (hoofsanger van die groep Glaskas), Solette Swanepoel, Donnay Torr en Danie du Toit (sanger en liedjieskrywer van die groep Spoegwolf) in `n opwindende digbundel wat spesiaal saamgestel is om hedendaagse jongmense se leefwêreld te weerspieël.

Rympies vir pikkies en peuters

`n Paar jaar na Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh, word Gertie Smit, opvoedkundige van Wellington, deel van die span. Hierdie bundel bied `n keurversameling verse vir die heel kleintjies (1 tot 3 jaar) en is saamgestel volgens nasionale opvoedkundige vereistes. Die rympies dek al die onderwerpe wat deel is van kleintjies se leefwêreld – in maklike, sprankelende Afrikaans.

Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers

Proe aan `n Chinese sjef se seekossop en maak kennis met `n kromknyperkrap. Ontmoet `n voor-in-die-koor skoolkoor, `n koperkoper wat koperknope koop en mevrou Matthee wat in haar teetyd TV kyk. Wonder saam oor tarentaal taal en reier-eiers. En help om `n seerowerskip skoon te skrop. Jaco Jacobs se bekroonde kinderverse is gewild by skole, kunswedstryde en veral op duisende Afrikaanse kinders se boekrakke, waar dit `n ereplek verdien. Hierdie splinternuwe versameling tongknopers en snels?ers sal sorg vir ure se lekkerlag-pret!