Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies. Siembamba: Immergroen rympies vir kinders is beslis `n moet-hê-boek vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.
versies
Versies en rympies en woordspeletjies
Die groot boek van rympies en liedjies
Hierdie vrolike versameling van kleuterrympies en -liedjies word besonders uitgebeeld deur Kali Stileman se unieke, humoristiese en kleurvolle illustrasies. Dit is `n wonderlike eerste bekendstelling aan die mees klassieke en gunsteling-rympies, kleuterliedjies en wiegeliedjies.
Daar is prettige ryme vir saamlees, saamsing en speeltyd,
asook pragtige versies en liedjies om kinders te sus voor slaaptyd.
Kougom in my hare
Daar`s kougom in my hare,dit is stewig vasgeplak.
My ma sê: “Ek wil nou weet wie`t die simpel poets gebak!”
Maar ek sê nie `n woord nie …
(Dit was daai peslike Werner de Witt, maar ek het eerste die kakkerlak in sy pousebroodjie gesit … )
Was jy al ooit kwaad genoeg om doringdraad te kou?
Wat is regtig in die skoolsnoepie se pasteie?
Waarom het die dodo gesterf?
En smaak enige iets slegter as Brusselse spruitjies?
Jaco Jacobs se splinternuwe bundel met meer as 40 lawwe, lawaaierige lekkerlagverse is tonne pret!
Die groot boek van rympies en liedjies
My eerste rympieboek
Dié versameling gunsteling-kinderrympies met kleurvolle illustrasies is pret vir peuters en kleuters. Hierdie reeks is spesiaal ontwerp om jong kinders te stimuleer en te help ontwikkel.
“Klein Kosie Kramer
smul in sy kamer
aan `n heerlike vrugtepastei.
Hy druk toe sy duim in
en kry dar `n pruim in
en sê: Dis te heerlik vir my.”
Nursery rhymes & verse from Africa
Author and illustrator Liz Mills presents her second collection of over 50 nursery rhymes and verse from popular childrens songs, specially reworked and adapted to appeal to children living in Africa. This delightful book follows on the overwhelming and continuing popularity of African Nursery Rhymes, which has been reprinted almost every year since it appeared in 2006. Nursery Rhymes & Verse from Africa is a must for a young child’s bookshelf as nursery rhymes form an essential part of children’s development, teaching them rhythm and rhyme and word skills, as well as improving memory.Liz’s colourful and often humorous illustrations and word imagery will capture the imagination and make reading an activity that children (and parents/carers) look forward to, whether at bed time, or any other time of the day. They will also want to return to these rhymes, with images that they can relate to, over and over again.
Die land verby donker
“In die land verby donker lig iets leliks sy kop, kruip `n ding met lang tande soos `n slak uit sy dop. So, kom loer nou saam van A tot Z aan my grillerige alfabet!Kom kuier saam met François Bloemhof en Dale Blankenaar in die land verby donker. `n Plek waar weerwolwe vir die maan tjank en vampiere in die nag rondswiep, waar die nare Rikus Riller om elke hoek en draai kan wag en `n monster genaamd Eenoog jou met sy tong wil vang…”
Kriewel en knor: Rympies propvol aksie
Mankepank en ander verse
Vir ouderdome 8-88 jaar. `n Keur van net meer as dertig nuwe, sowel as voorheen gepubliseerde verse deur wereldbekende digter en skrywer Antjie Krog. Mankepank en ander monsters het oorspronklik in 1985 verskyn (met illustrasies deur Hannetjie de Clercq). Al 21 gedigte is weer hier opgeneem, tesame met `n aantal voorheen ongepubliseerde verse. Hier is feetjies, monsters, spoke, en `n reus; vreemde omies, Antjie Somers en die tokkelos. In Diek Grobler se illustrasies is daar `n wisselende mate van realisme en fantasie, soos wat elke gedig dit vereis. Diek Grobler en vennoot Charles Badenhorst se animasiereeks “Uit die Bloute” word sedert 2010 op kykNET gesien. Hulle werk is plaaslik bekroon met `n SAFTA en in die buiteland by die beroemde KROK Internasionale Animasie Fees.
Wurms met tamatiesous
Wurms met tamatiesous wurms op jou brood wurms is bobaaskos lewendig of dood wurmpies vir aandete en wurms vir ontbyt mopaniewurm-roerbraai vir ’n lintwurm-aptyt Het jy al ooit gewonder wat op die spyskaart is by die Rilrestaurant? Is jou boetie dalk ’n alien? Wat is die beste raad vir ’n wegloopneus? Waarom is skottelgoed gevaarlik? Almal weet van Mary se beroemde lammetjie – maar het jy al haar ander troeteldier ontmoet? Hierdie vrolik-geïllustreerde bundel bevat meer as vyftig prettige, oorspronklike, grillerige en skreeusnaakse rympies uit die pen van Jaco Jacobs.
BEKRONING:
Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur









