Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Rufus (eintlik Ruth) en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Voordat Rufus en haar gesin die land verlaat besluit hulle om vir oulaas ’n baie belangrike eerste saam te beleef. Sal hulle die plan kan deurvoer?
vuurwarm
Die varsste boeke uit die oond
Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika
In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika. Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak. Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.
Justin Fortuin, seerower
Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n reënerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel? Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. Hulle kom ook op ’n ou seilskip af wat geanker is in ’n versteekte baai. Wat het dit met die kok Nicolas te doen? Is Nicolas dalk ’n seerower? Wie is Jessie, wat in die agterste kajuit van die skip aangehou word? En wie is die ware erfgenaam van Kaptein Verwoes se skat?
Môre as ons groot is
Dramateks vir hoërskoolleerders (15+): Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen. Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is? Wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Liza, Quin, Noku en Wayne kom elkeen uit verskillende agtergronde en die toekoms lyk ook vir elkeen van hulle anders. Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool – hulle vriende – hulle kindwees … en dalk hulle drome. ʼn Kortfilm gebaseer op die teks verskyn in 2016. Fanie Viljoen se voorgeskrewe drama genaamd Betower die drama is tans by FET-skole voorgeskryf.
Storiekaros
Hierdie bundel stories is ʼn karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor. Om dit reg te kry het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand sonder die selfoon, TV en al die 1001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis vir jou kind ʼn storie te lees. Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór gr. R – by iets eenvoudig soos ʼn slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag. ’n Ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.
Professor Fungus Omnibus 1
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, ’n klomp vreesaanjaende visse, ’n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word … en beleef ’n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!
Kan ‘n walvis winde los?
Laaste lewe
Hierdie epiese grafiese roman is gebaseer op Fanie Viljoen se roman The Last Time I Died wat in 2016 deur Ransom Publishing gepubliseer is. Die Swart Kraai het Sam se pa doodgemaak, en nou het hy Sam doodgemaak. Sam is egter nie dood nie. Die dood was die sesde van sy sewe lewens, en nou het hy nog een oorblywende lewe – om terug te kom en Die Swart Kraai dood te maak. Die meesterlik kreatiewe Daniël Hugo het hierdie boek geïllustreer en lesers met ‘n voorliefde vir die kuns van grafiese romans en strokiesprente sal weggeblaas word deur die besondere details van die illustrasies op elke bladsy.
Sokkerdrome: Afskop
Die klein boek van katastrofiese kattekwaad
Die klein boeke met baie inligting Het jy geweet … … muskiete is van die dodelikste diere op aarde? … piesangs is radioaktief? … jou vingers het glad nie spiere nie? Leer meer FANTASTIESE FEITE oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte en verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet! Hierdie splinternuwe reeks deur geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen bestaan uit vier boeke. Een bevat fantastiese feite, een bevat gruwelike geheime en onopgelosde raaisels, een bevat katastrofiese kattekwaad en lekker poetse en een bevat reuserekords van alle soorte.
Ander boeke in die reeks: Gruwelike Geheime, Reuserekords, Fantastiese Feite