Noodlot

Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby nie. In ’n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue te hou, roep Zander ’n Forya en’ tarna, ’n Elwe-grootwordritueel. Die vriendegroep word geskei en dis die begin van ’n nuwe avontuur en soeke na antwoorde deur die hele Tír na hÓige. Nereida, Lumi en Kai gaan na Oneiro waar Lumi vinnig leer dat Waternimfmans vleiend in hul soeke na beheer is, en Nereida begin wonder of Kai regtig so ’n slegte toekoms vir haar sal inhou. Zander en Colden bevind hulleself in Izua, waar Zander vir Raidan, die Prinses van Storms, ontmoet en skielik is dit maklik om van sy sielsgenoot, Nereida, te vergeet en ’n nuwe tuiste te vind. “Hierdie storie het begin by die Seisoene en Gruwels en dis ook waar dit moet eindig. Ek weet nie waarom Tír na hÓige julle kinders gekies het om hierdie beeldskone nagmerrie sy vrede te gee nie, maar na vandag is daar ’n teiken op julle rûe.” Tot die eindtyd? Nee wat, hierna is alles moertoe!

Die groot koelte

Feliks bly alleen op ’n strand. Sy mense het weggetrek sonder hom. Die wêreld het verander. Dit het jare laas gereën. Toe ’n seilskip vol wreedaardige ysbere hul opwagting maak, is hulle oortuig Feliks kan hulle gaan wys waar om die laaste ys op aarde te vind. Op hul swerftog die vreemde in, begin Feliks besef hul reis kan die wêreld verander …

Die Poort 4: Krygers

Kan die jong Bewakers van Bospoort staande bly teen die donker magte van planeet Mitigon? Is hulle kragte en magte sterk genoeg om weerstand te bied teen die bose Chanda-Mundia? In boek vier van die Poort-reeks moet Kali nie net haar vriende lei in die aanslag teen Chanda-Mundia en sy volgelinge nie, maar moet sy ook moeilike keuses maak. Te midde van hierdie moeilike keuses, liefdesdriehoeke en donker geheime ontdek Kali dat oorwinning teen prys kom . . . `n prys wat haar kan vernietig.

Maanlig-meermin

Kate se pa kanselleer hulle Durban-vakansie en sleep haar saam na Kaimanskuil, n plaas in die Klein-Karoo waar hy grootgeword het. Sommer met die intrapslag gee die spokerige plaas en sy weird mense Kate koue rillings, maar stormweer laat die drif afkom en hulle is vasgekeer. In die donker kloof agter die opstal word Kate se tergende vrae beantwoord: Skuil daar regtig n meermin in die riviere van die Klein-Karoo? En wat het sy met haar, Kate, te doen?

Die Poort 3: Helers

Die boek skop opwindend af wanneer Kali-hulle terugreis in tyd en haar Hugenote-voorouers ontmoet. Terug op Bospoort kom die skoolvakansie nader, en Kali moet saam met Leonardo, Tara en Nomsa Italië? toe reis terwyl Zak alleen agterbly. Sal sy ooit haar Bewaker-geheim met hom kan deel?

Die Poort 2: Reisigers

Die viermanskap Leonardo, Kali, Nomsa en Tara pak die reis deur die onderwater-poort aan. Die groep nuwe Bewakers se Kragte en Magte is nog nie ten volle ontwikkel nie, maar tog oorreed Tara hulle om saam na haar ma te gaan soek. Maar in hulle haas reis daar per ongeluk twee van die Ander saam deur die Poort terug . . .

Die Poort 1: Bewakers

In Boskloof is vreemde dinge aan die gebeur. Vrouens verdwyn spoorlos en onverklaarbaar. Terselfdertyd word Kali bewus van stemme in haar kop. Probeer iemand vir haar iets sê? En dan is daar die merk agter haar nek… dit was nog altyd daar, maar nou brand en gloei dit. In Boek 1 vind Kali en haar vriende uit hulle is Bewakers, `n groep waarvan hulle reeds van geboorte deel is. Die Ander bedreig weer die Poort en die Bewakers word byeengeroep.

Wouter en die eienaardige eilandavontuur

Wouter se ma en pa is dapper verkenners wat die w�reld met hulle woon-waar-jy-wil-wa verken. Danksy hulle is die Verlore Stad van Novasynouw nie meer verlore nie; en die Raaisel van die Skorriemorrie-moerasse is opgelos. Maar dan verdwyn sy ouers soos groot spelde. Saam met sy nuwe vriende – `n knorpot-albatros, `n bysiende meermin en `n vriendelike eiland genaamd Frans – vertrek Wouter om na sy verlore ouers te soek.

Moemin en die towenaar se hoed

Dit is lente in die Moevallei en almal is lus vir avontuur! Moemin en sy vriende Boeboe en Snifsnaf, ontdek iets vreemds… `n Towenaar se pluiskeil! Gou kom hulle agter dat dit geen gewone hoed is nie. Dit kan enige iets – of enige iemand – in iets anders verander! Twee vreemdelinge met `n geheimsinnige tas daag ook in die vallei op en tot almal se skok, is die ysige Grokmonster op hulle spoor… Hierdie klassieke verhaal, saam met Tove Jansson se eenvoudige, vrolike illustrasies, bekoor lesers van regoor die wereld al vir meer as 60 jaar. Dit is `n fantastiese storie om hardop voor te lees en saam te geniet, en ouer kinders sal dit opwindend vind om self te lees. Avontuurlik, humoristies en universeel . . . oud en jonk sal hierdie verhaal kan waardeer.

Moemin en die komeet

`n Komeet is op pad na die Aarde en niemand weet wat om te doen nie! Twee vriende, Moemin en Snifsnaf, onderneem `n reis na die Eensame Berge om die professors met die groot teleskoop te raadpleeg. Op pad ontmoet hulle allerhande interessante karakters – soos Boeboe, die wereldreisiger, en die Hemulen wat hulle met `n skoenlappernet uit `n ondergrondse tonnel red. Hulle avontuur sorg vir noue ontkomings van gevare soos krokodille en reuse-akkedisse. En op pad terug red Moemin die mooie Snorkmeisie, Moemy, van `n giftige bos … en hy is nooit weer dieselfde nie. Maar gaan die komeet hulle pragtige vallei tref en alles verwoes? Avontuurlik, humoristies, universeel, vol diepgang en emosie . . . oud en jonk sal hierdie verhaal bekoorlik vind.