Groete van die hiëna is ’n ryk, geskakeerde jeugverhaal wat die inisiasieproses van ’n jong seun uitbeeld. Danksy sy ouers se nuutgevonde geloof in die die nuwe Humanos-kultus, bevind Roek Rykema homself oornag in ’n fantasiewêreld. Saam met sy begeleier, ’n hiëna!, moet hy sy pad vind in die paleis van Chaos, oftewel Chaotika. Deur die verloop van die roman leer Roek homself uiteindelik ken soos hy is, met sy swakhede en vrese, maar ook met sy skeppende krag en uithouvermoë.
fantasie
Van vreemde dinge en verre plekke
Die verhale van Narnia: Prins Kaspian
Hiermee die publikasie van vier van die sewe baie gewilde verhale van Narnia deur C S Lewis.
In Prins Kaspian word Peter, Edmund, Susan en Lucy weer ingetrek by die gebeure in Narnia. Hierdie keer help hulle die troom opvolger, Prins Kaspian, om Narnia van die bose koning Miraz te red. Die vertaling van verdere Narnia-verhale sal afhang van die sukses van hierdie vier boeke.
Die verhale van Narnia: Die perd en sy seun
Hiermee die publikasie van vier van die sewe baie gewilde verhale van Narnia deur C S Lewis.
Bree, die perd, word ontvoer en hy verlang om na Narnia terug te keer. Sjasta, wat op die punt is om as slaaf verkoop te word, besluit om saam met Bree weg te loop en na ie tuiste te soek wat hy nooit gehad het nie. Hul reis is eger vol verrassings, maar ook gevare – soos toe hulle `n verraderlike komplot oopvlek en dit `n wedloop teen tyd word.
Die vertaling van verdere Narnia-verhale sal afhang van die sukses van hierdie vier boeke.
Die verhale van Narnia: Die Leeu, die heks en die hangkas
Hiermee die publikasie van vier van die sewe baie gewilde verhale van Narnia deur C S Lewis.
In Die leeu, die heks en die hangkas kom Peter, Edmund, Susan en Lucy toevallig af op die wonderwêreld van Narnia. Maar daar is onmiddellike gevaar vir hulle in die vorm van winter en die Wit Heks. Gelukkig is daar Aslan, die magtige leeu, wat hulle help om die bose betowering te keer!
Die vertaling van verdere Narnia-verhale sal afhang van die sukses van hierdie vier boeke.
Die verhale van Narnia: Die towenaar se neef
Hiermee die publikasie van vier van die sewe baie gewilde verhale van Narnia deur C S Lewis.
Digory en Polly ontdek oom Andrew se geheime werkswinkel en beland in `n situasie waar hulle `n belangrike besluit moet maak. Die gevolg is `n avontuur bokant hul widste drome – hulle het die poort na die betowerende land van Narnia ontdek.
Die vertaling van verdere Narnia-verhale sal afhang van die sukses van hierdie vier boeke.
Artemis Fowl
Die twaaljarige Artemis Fowl is ’n meesterlike kriminele denker. Maar selfs Artemis weet nie wat hy aanpak wanneer hy die fee, kaptein Holly Short van die AARDrecon-eenheid, ontvoer nie. Hierdie feë is nie van die feë wat in vaakstories voorkom nie. Hulle is gewapen en gevaarlik. Artemis reken hy het hulle net waar hy hulle wil hê, maar dan hou hulle op om volgens die reëls te speel . . . Artemis Fowl is ’n boek vir mense wat hou van fantasie-avontuur. Dit is ’n meesleurende en ietwat subversiewe feeverhaal vir alle ouderdomme. So, raak nou verslaaf, indien jy nie reeds is nie! Briljant vertaal deur Janie Oosthuysen, bekroonde skrywer in eie reg en vertaler van die Harry Potter-boeke.
Lili die wensfeetjie (Roomys en raaisels)
Harry Potter en die towenaar se steen
Harry Potter, die grootste boekfenomeen van ons tyd, is nou in Afrikaans beskikbaar. Harry Potter dink hy is net `n gewone seun wat woon by sy aaklige oom en tante, die Dursleys, en hulle gruwelike seun Dudley. Tót die dag dat `n posuil `n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer; `n brief wat Harry nooi na `n ongelooflike plek wat hy (en almal wat oor hom lees!) nooit sal vergeet nie.
Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse
Harry Potter en die gevangene van Azkaban
Reeds vir twaalf lange jare word die berugte gevangene, Sirius Swardt, in die gevreesde vesting van Azkaban aangehou. Hy is skuldig bevind op aanklag van moord op dertien mense wat hy met een enkele vloek uitgewis het – maar hy is ook bekend as die opvolger van die Donker Heer, Woldemort. Nou het hy ontsnap en daar is net twee leidrade oor waar hy hom kan bevind: Harry Potter se oorwinning oor Jy-Weet-Wie het ook Swardt se ondergang beteken; ook het die wagte van Azkaban vir Swardt in sy slaap hoor mompel, “Hy is by Hogwarts . . . hy is by Hogwarts.” Harry Potter is nie veilig nie, nie eens binne die mure van sy towerskool en omring deur sy vriende nie. Om alles te kroon lyk dit of daar `n verraaier in hul midde is. `n Wonderlike nuwe verhaal oor Harry en sy maats deur die betowerende J.K. Rowling. Wenner van die Whitbread Children`s Book of the Year vir 1999. Opvolg op die blitsverkoper Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse.









