Buksie en Bella is heeldag besig, besig, besig! Hulle jaag mekaar, speel wegkruipertjie en hardloop rond en bont!
Hierdie pragtig geillustreerde prenteboek is `n ritmiese viering van die prettige, liefdevolle band tussen `n baba en `n hondjie.
In die klein rooi huis duik Buksie die hondjie onder die tafel in. Hy wag en kyk en wag nog n bietjie terwyl sy hart boems, boems, boems klop. En dan … WHAAA! Uit die bloute verskyn die baba. Sy jil en gil en druk haar neus teen syne! Tyd om n nuwe wegkruipplek te kry … Gou, Buksie! Gou, Buksie! Gou, Buksie .. GOU!
Met `n snoesige, slaperige einde is hierdie die perfekte voorleesboek vir slaaptyd, en dit is `n fantastiese geskenk vir jong lesers.