A is vir appel, kraakvars in jou mond. Eet een elke dag, dan bly jy mooi gesond! Groot A se bene staan wydsbeen op die grond. Klein a se magie is so boep en rond. Vrolike rympies, prettige illustrasies en kleurvolle foto’s maak dit maklik en lekker om die ABC te leer! Hierdie boek sal kleuters help om al die letters van die alfabet te leer herken en klanke en eerste woorde daarmee te assosieer. Eenvoudige rympies help kinders ook onthou hoe elke letter gevorm word. Van A tot Z – dis groot pret!