Alles gaan oukei wees, het Decker gesê.Hy was verkeerd.
`n Wilde partytjie.
`n Gesteelde kar.
`n Jaagtog wat in chaos eindig.
`n Sak vol geld.
Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Na `n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met `n wilde jaagtog en `n motorongeluk eindig, word Trent met `n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
En kan hy regtig sy vriende vertrou?
In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!