s_oondvars_150
1441

Blokraaisels vir aapsterte 3

Talana Schoeman
Tafelberg

Nog 50 blokraaisels vir die Grondslagfase, net soos die eerste en tweede Blokraaisels vir Aapsterte ‘n prettige manier om goeie spelvaardigheid aan te leer! Hierdie boeke sal ouers en onderwysers help om ‘n grondslag vir algemene taalvaardigheid in Afrikaans te lê. Die skrywer, ‘n voormalige onderwyser, het gaandeweg besef dat jong kinders se spelvaardigheid merkbaar verbeter kan word deur die voltooi van eenvoudige blokraaisels.Die 50 blokraaisels in hierdie boek is ontwikkel met die jong laerskoolkind in gedagte, maar sal ook ouer kinders of kinders vir wie Afrikaans ‘n tweede of derde taal is, se spelvaardigheid oefen. Met prente sowel as woorde as leidrade word die kind se begrip op twee vlakke getoets. Die blokkies is ekstra groot sodat letters in ‘n grootte waarmee kinders gemaklik is, ingevul kan word. So leer kinders speel-speel en ontdek hulle sommer ook van kleins af die lekkerte van blokraaisels – ‘n gunstelingtydverdryf van so baie grootmense!

Publikasie: 2012-09-26
0
Would love your thoughts, please comment.x