Kyk, n verskietende ster, wys Paternoster. Ek sien dit net betyds. As ons nou iets wens, gaan dit waar word.Een wens is te min vir alles wat ek wil he: dat ek en Rina weer soos sussies sal wees, dat Nan net een keer mooi met Paternoster moet praat, dat MD en Paternoster weer liefde sal vind.
Die Vorsters se gesinslewe herinner aan n sirkus, maar nie die ha-ha-en-oe-la-la-soort nie. Sedert die ongeluk bietjie meer as drie jaar gelede lag hulle almal se narbekke in blou, nie meer in sirkusrooi nie. En dis elkeen vir homself wanneer die brokstukke van die gesin in verskillende rigtings spat. Totdat Paternoster besluit om weer die Hoof van sy Eie Huis te wees – soos dit in n normale gesin hoort waar die pa nie te veel drink nie. Paternoster is gatvol vir die regering, vir rugby en vir raserige goggas. Kortom: hyt genoeg gehad van die totale aanslag wat hom van alle kante bedreig in n land waar bid nie help nie. Sy plan is dat die gesin Nieu-Seeland toe emigreer, want daar speel mense nog rugby met passie, daar reen dit soos dit moet en daar sal hulle die sterre kan hoor praat.