s_oondvars_150
396

Die avonture van Lula die onvergenoegde koei

Petra Gevers; Sophie Jaff
Human & Rousseau

Lula is nie soos ander koeie nie. Ander koeie doen gewone koeidinge. Waarvan Lula hou, is om te sing. Sy is eintlik mal oor sing. Sy sing gedurende melktyd. Sy sing in die veld en sy sing in die stal. Die ander diere op die plaas en Boer Brown is nie baie beindruk met die gesingery nie en maak haar gewoonlik stil. Op `n dag gaan sy na Harold die haan toe en vertel hom dat sy graag `n ster wil word. Harold, die enigste ander sanger op die plaas, leer haar toonlere en hoe om behoorlik asem te haal. Hy kry selfs vir haar agtergrondsangers. Nie baie lank nie, of Lula is reg vir New York.

Publikasie: 2005-07-20
0
Would love your thoughts, please comment.x