Die diere is so, so honger. Dan sien hulle ’n pragtig boom, oortrek met rooi, ryp vrugte wat ruik na die soetste veselperske, vet soos ’n spanspek, sappig soos ’n granaat . . . Maar styf opgekrul om die boom is die grootste luislang wat hulle nog ooit gesien het. En die luislang sal die diere net van die vrugte laat eet as hulle hom kan sê wat die naam van die boom is. Wat kan dit wees? Net die Koning van die Oerwoud weet, en hy is baie, baie ver weg.