s_oondvars_150
2100

Die dag toe die draak kom – `n Boek vir seuns

Fanie Viljoen
Human & Rosseau

Hierdie boek takel die uiters belangrike kwessie van kindermolestering. Dié aangrypende verhaal dien om kinders in te lig en te bemagtig. Deur middel van ’n karakter en storie waarmee kinders kan identifiseer word die gevaartekens van molestering uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Sesjarige Kevin is gek oor stories van die dapper prins van Arabia wat selfs teen drake veg. Maar sy ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Is dit Mamma wat soms raas? Is dit Oupa met sy growwe stem? Is dit hulle stoute nefie, Nico? Gelukkig leer Kevin net wat om te doen om homself te beskerm. Want die dag toe die draak uiteindelik kom, kan hy homself en ook vir Abby red.
Agter in die boek verskyn ook handige riglyne vir kinders, ouers en versorgers: Hoe herken jy ’n draak? Wat is veilige vat en onveilige vat? Wat doen jy as jy vermoed jou kind word misbruik?
Volgens onlangse studies word ten minste een derde van Suid-Afrikaanse skoolgaande kinders seksueel misbruik. Daarom is dit uiters belangrik om met kinders daaroor te praat en hulle toe te rus om hulleself te beskerm. Hierdie boek bied die perfekte wegspringplek.

BEKRONINGS: 

Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur

Publikasie: 2019-02-28
0
Would love your thoughts, please comment.x