’n Versameling Afrikaans-verwerkte verse uit die Nederlandse skrywer van kabaret, kinderverse en stories, Annie M.G. Scmidt, se bundel: Ziezo. Annie M.G. Scmidt se werk het haar die titel: Die Koningin van Nederland besorg. Philip de Vos se voorliefde en talent vir die skryf van nonsensverse is hoofsaaklik deur haar werk geïnspireer wat gewoonlik vol humor en patos is. Die keuse van verse vir Die spree met foete is fyn beplan om in Afrikaans alle lesers en liefhebbers van verse, 7 – 70 jaar te bekoor met die wonder van twee uiters talentvolle kunstenaars se sin vir die humor van die eenvoudige, maar ook die absurde.