Clarissa Mentz is `n gr. 11-leerder aan `n dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oenskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer. Die verhaal speel af in `n kontemporere Suid-Afrikaanse skoolopset. Dit maak die uitdagings waarmee karakters gekonfronteer word, soveel meer oortuigend, en hul reaksies daarop relevant. Die hoofkarakter word multidimensioneel uitgebeeld, met haar sterk en kwesbare eienskappe in balans. Keurders het hierdie boek aanbeveel vir die voorskryfmark: veral graad 10 tot 12 Addisionele Taal