Johan en Tom is terug in Dinowêreld. Hulle ontdek ‘n jong ankylosourus wat in die modder vassit. Die seuns moet die baba-dinosourus red voordat die modder hom insuig – maar hoe? En wat sal gebeur as die ma terugkeer en haar reusagtige, dodelike stert begin rondswaai?