Luisterstories:Doefdaf die donkie is gebore met een pootjie korter as die ander, en nou stap hy doef-daf, doef-daf… in plaas van doef-doef. Almal weet dat donkies veronderstel is om doef-doef te stap. En toe die boer hom aan die slagter wou verkoop omdat hy nie harde werk kon doen nie, waarsku die sterretjie vir Doefdaf om te vlug…. So begin sy storie, en soos met almal van ons, is Doefdaf se storie deel van `n baie groter storie. Soos die helder sterretjie die nag in Nasaret voorspel het, is hy `n baie spesiale donkie, en gaan hy een dag `n baie belangrike werkie doen….
Snitte:
1. Hoe Doefdaf sy naam gekry het
2. Hoe Doefdaf by die see gaan woon het
3. Hoe Doefdaf in die woestyn beland het
4. Hoe Doefdaf ‘n belangrike werk gekry het