Nina het ’n kleinsus. Haar naam is Bella. Sy kan die vreemdste dinge sê en doen. Al waaraan Bella deesdae kan dink, is babas. “Asseblief kry nog een,” smeek sy by Ma. “Net enetjie.” Maar Ma sê sy het klaar haar babas gekry. Sy sien beslis nie kans vir nog een nie. Nina en Bella se tannie Karin het egter goeie nuus … en Bella kan haar ore nie glo nie!