s_oondvars_150
316

Ek en my monster: `n handleiding vir beginners

Leon de Villiers
Lapa

Wou jy nog altyd jou eie monster gehad het? Dan is hierdie die boek vir jou! ’n Volledige gids tot die versorging van jou monster. Die boek bevat nuttige wenke oor die keuse van ’n monster, die voeding en higiëne van monsters, die beste blyplek vir jou monster en hoe om jou monster toertjies te leer. Het jy byvoorbeeld geweet dat die Russiese Trippelboggel geleer kan word om tee te maak? Die middelste boggel het ’n opening wat wonderlik as teesif werk. Die Amsterdamse Huidkraker met sy kort, harde haartjies, kan weer redelik maklik as ’n besem opgelei word. Daar is geen beter deurstop as die Siriese Moep nie. Die Moep, wat net van dadelpitte leef, sal indien dit reg geleer is, langs ’n deur nesskrop en dan daar bly lê vir die res van sy lewe. Al wat die eienaars dan moet doen, is om so elke drie maande ’n handvol dadelpitte in die Moep se maagholte te druk, en ’n paar druppels olyfolie agter die gehoorgleuf te smeer. Geskik vir alle monsterliefhebbers van 9 tot 90.

Publikasie: 2004-11-10
0
Would love your thoughts, please comment.x