Die bundel is `n potpourri, `n bredie, `n lappieskombers van verhale – oues en nuwes uit eie bodem, asook verhale vanuit die haas onuitputlike skat van Europese sprokies. Dis die ideale kennismaking vir kinders of selfs onderwysstudente met verskillende storie-genres vir jong kinders.