Tshepo wens hy kan ’n boom word. Want ’n boom is baie hoog. ’n Boom kan oral bykom. En ’n boom kan alles sien. Maar gou vind Tshepo uit dit is nie altyd soveel pret om ’n boom te wees nie … Groot genoeg is ’n unieke, meertalige prenteboek wat op ’n prettige, kreatiewe wyse die wonder van kindwees verken. Jong lesers kan Tshepo se pragtig geïllustreerde avonture in Afrikaans of in Xhosa volg. Die oorspronklike Engels/Xhosa-uitgawe van die boek, UTshepo Mde/Tall Enough, is deur IBBY (International Board on Books for Young People) as Suid-Afrikaanse ereboek aangewys. Mhle lo mthi. Mde kamnandi. Ubona yonke into. Ufikelela kuyo yonke into. UTshepo uyatshiseka. Ufuna ukuba ngumthi.