Daar is `n spookplaag in die dorp! `n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en `n oorlede Spaanse bulvegter wil by Otto se tante intrek. Maar drie huisspoke en `n pratende vlermuis is klaar genoeg, Otto het beslis nie nog `n huismaat nodig nie. Waar kom al die spoke vandaan? En hoe raak mens van hulle ontslae? Gelukkig het Otto se vriend Harry, die Grieselgryper, goeie kontakte aan die Oorkant.