s_oondvars_150
1873

Hoezit! Die wonderwereld van Die groot vyf

Jaco Jacobs en Fanie Viljoen
LAPA

Hoeveel kos kan n olifant in een dag verorber?Hoe jag leeus hul prooi?
Waar kry die witrenoster sy naam vandaan?
Hoe lyk die luiperd se familie van regoor die wereld?
Hoe lank kan n buffel se horings word?
Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wereld van die Groot Vyf te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto`s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met die indrukwekkendste diere in Afrika en ontmoet die Klein Vyf, wat net so indrukwekkend en interessant is!
Hoezit! was voorheen n bekende naam op tydskrifrakke. Die tydskrifformaat van Hoezit! het plek gemaak vir n opwindende boekformaat met interessante temas en aktiwiteite wat perfek is vir skooltake of sal sorg vir ure se vermaak by die huis. Besoek ook gerus Hoezit! se interaktiewe webtuiste.

Publikasie: 2017-02-17
0
Would love your thoughts, please comment.x