s_oondvars_150
1097

In die Nimmer-Immer-Bos

Linda Rode
Human & Rousseau

Reis saam na die Nimmer-Immer Bos waar ‘n durende wêreld van stories op lesers, jonk en oud, wag. Hier is sestig verhale, byeengesoek en oorvertel deur sprokiesboekliefhebber en samesteller van kinderboeke Linda Rode.
Die verhale is so beplan, sodat die kleintjie vir wie daar voorgelees word, sowel as die ouer kinders wat self lees, ewe veel plesier aan die projek sal hê. Dit is ‘n omvattende bundel wat die kind se belewing van die wye wêreld van sprokies en ander folklore sal verruim. Kort brokkies kommentaar aan die einde van elke storie dui die lande van oorsprong aan en plaas die verhale uit Afrika, Europa, die Ooste en ander wêrelddele in konteks met mekaar.

Fiona Moodie is internasionaal bekend as illustreerder. Haar evokatiewe illustrasies is droënaaldetse wat met die hand gedruk en daarna geverf is.- ‘n moeisame proses wat meer as twee jaar geverg het. Die resultaat is betowerend en maak van die boek ‘n kunsskat vir elke kind wat bevoorreg is om dit te ontvang.

BEKRONING: 

Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur

Publikasie: 2009-05-11
0
Would love your thoughts, please comment.x