Jannie se lewe verander handomkeer wanneer die dirigent, Arnold Terblanche, haar pragtige sangtalent raaksien en besluit om n musiekstuk te skryf waarin sy die hoofrol sing.
Die verhaal volg die voorbereiding vir die konsert, tesame met beide Jannie en Arnold se onderskeie emosionele wroeginge en spoke uit die verlede. Veral lesers met n liefde en kennis van musiek en sang sal hou van die boek. Alhoewel die hoofkarakter slegs twaalf jaar oud is, sal jonger lesers vanaf twaalf en ouer, en beslis ook volwassenes, emosioneel by Jannie en die ander karakters betrokke raak, baie soos in bv. Vaselinetjie.
Die skrywer se kennis van musiek, en sekere situasies uit die musiekwereld soos byvoorbeeld tydens n opera-uitvoering, of tydens n musiekoudisie help om die verhaal se outentieke aanslag te versterk.