Hierdie maklik verstaanbare boek fokus op belangrike dinge waaroor kinders wonder: babas, voortplanting, liggame, gene, grootword, liefde, gesondheid en nog baie meer. Die inligting word op `n eenvoudige en deernisvolle manier oorgedra met humoristiese kommentaar van `n baie nuuskierige voëltjie en `n teêsinnige by wat sou verkies om eerder nie oor die dinge te praat nie! Vrolike volkleur-strokiesprent-ïllustrasies help om die teks nog meer toeganklik te maak.
Hierdie eerlike en snaakse gids vir jong kinders oor babas, liggame, liefde, seks, voortplanting en families het reeds wêreldwyd klassieke status verkry. En na baie versoeke deur ons lesers is dit nou weer in Afrikaans beskikbaar.