Ontmoet die Rotman met sy verslete jas en sy oog wat lyk soos ’n ou wond wat lankal gesond geword het …
Kom ry saam op ’n baie spesiale mallemeule, waar die kinders se gille van plesier snags omsit in angsgille …
En vind uit wat gebeur as jy laatnag in Slangrivier gaan swem …
In hierdie boek kan jy kennis maak met drie van die bekendste Afrikaanse grilskrywers se wildste nagmerries. Hierdie versameling grilstories sal jou koue rillings gee!