2315. Die koepelstad HuiGaeb is ‘n baken aan die suidpunt van Chinafrika. Die virtuele koepel beskerm die inwoners teen die giftige see en die gevaarlike, onbekende buitewêreld. Wanneer `n nuwe eiland uit die see verrys en gerugte die ronde doen dat die koepel aan die kraak is, sypel onrus onder die bevolking in. Kara, Kaleb, Amber en Mohlomi is kinderhuiskinders wie se ouers onverklaarbaar aan die slaap, maar lewend, is. Die verskyning van die wyse Sophia bring vir hulle hoop, maar sy wil hê hulle moet noord trek tot in Egipte om antwoorde te kry. Kraak is vernuwend, opwindend en ‘n verbysterende blik op wat ons nageslag oor ‘n paar eeue op ons pragtige planeet mag beleef.