Krappie is vir niks bang nie. Maar wanneer hy skarrel om `n blink ding doer op die rotse te gaan ondersoek, word hy weggespoel in `n wilde onderwater avontuur! Die koning van die krewe se kroon is weg en Krappie is in groot moeilikheid. Gelukkig ontdek hy dat met `n bietjie vertroue in ander, vriendskap soms op onwaarskynlike plekke te vind is.`n Heerlike voorlees- en selfleesstorie deur die gewilde Fanie Viljoen.