Vir ouderdomme 7-10- jaar. Kom leer ken die pragtige sprokie oor Aspoestertjie en haar glasskoentjie. Hierdie opwindende interaktiewe pretboek bevat aktiwiteite, speletjies, inkleurprentjies en plakkers. Daar is ook papierpoppe om te maak en mee te speel, wanneer jy die uitvou-prent in die middel die boek uitgehaal het en die prins se kasteel gebou het! Jy kan selfs nog karakters uit die storie uit die karton knip en inkleur en dan self die wonderlike storie van Aspoestertjie uitbeeld, of jou eie prins- en prinses-stories opmaak!