`n Droomou soos Scott . . . Hoe vang jy hom?Dit is Tamara se probleem. En dit sou geen probleem gewees het as dit nie vir Jasmin was nie. Jasmin met die designer-klere wat altyd haar sin kry. Jasmin wat net een doel voor oe het: Scott. Watter kans het ’n beginner soos Tamara teen ’n ervare flirt? Iets drasties sal moet gebeur. Soos ’n totale makeover. Ander hare, klere en houding. Hopelik is dit nog nie te laat nie. Hopelik het Scott nog nie finaal vir Jasmin geval nie. Maar is hy ooit so genuine soos hy maak? Of speel hy net met almal se gevoelens?